CANSA
- ons ondersteun elke jaar die ‘CANSA walk’
CMR
- ons kook sop vir CMR
- ons samel kos en klere in
- ons maak broodjies / kospakkies vir die skool se nasorg program
Linton Grange Kliniek
- ons bedien koffie by die kliniek elke eerste Woensdag oggend van die maand
Livingstone Hospitaal
- ons doen een keer per kwartaal ‘n hospitaal besoek – ons kinders maak vir die pasiente kaartjies
Louisa Myburgh Ouetehuis
- ons bedien tee by die tehuis een keer per jaar (gee ook ‘n kort boodskap)
- help met fondsinsamelings projekte
MES Aksie
- samel klere en kos in
- ondersteun hul Winterhoop projek
MTR Smit Kinderhuis
- Help met leeswerk en huiswerk
- Neem kinders na sportaktiwiteite (soos bv. sokker)
- Neem kinders kerk toe op ‘n Sondagoggend
Ons brei
- ‘Care Bears’ vir kinders in die Gamtoosvallei
- vir Algoa Frail Care o.a. beanies, kouse en serpe
Senior Lidmate
- ons versorg ons senior lidmate met:
- funksies
- ‘n braai
- besoeke
Skool Skoene projek
- ons maak skoolskoene bymekaar vir kinders wat dit nodig het
Ons help graag soos ons van mense se behoeftes bewus raak, binne en buite die gemeente.